Glenda Kemp

Glenda Kemp (gebore 1949) is ‘n Suid-Afrikaanse ontkleedanseres, aktivis en onderwyseres.

Vroeë lewe

Glenda Kemp is op 13 Mei 1949 in die Kaapprovinsie gebore. As jong meisie het sy saam met haar ma, stiefpa en jonger broer in die werkersklasvoorstad La Rochelle gewoon. Haar twee ouer broers en susters was in 'n weeshuis in Potchefstroom; sy sou later ook na die weeshuis gestuur word. Kemp is deur Tannie en Oom Baumbach in hul Christelike huis in die klein boerderydorpie Swartruggens aangeneem. In 1969 het sy by die Onderwysersopleidingskollege in Potchefstroom ingeskryf. Dit was hier waar sy dans ontdek het; haar vaardigheid wat beide waardeer en veroordeel sou word, in die toekoms.

"Niks anders het saak gemaak toe ek gedans het nie. Ek het geleef vir die musiek en die woorde en wou dit deel met wie ook al na my gekyk het... die hoofrede waarom ek meer danswerk geneem het, was as gevolg van die bevrediging wat dit my gegee het om my omstandighede te ontsnap."

Sy het later na die Goudstad-onderwysersopleidingskollege in Johannesburg gegaan om voort te gaan met dans in Go-go-dansklubs.

Ontkleedanseres

Dit was gedurende die konserwatiewe 1970's, dat Kemp met "Oupa",[1][2] haar troeteldier luislang, begin ontkleedanse doen het. Haar “skandalige” optrede en haar uitdagende bewegings het veroorsaak dat die ontugpolisie hul bes gedoen het om haar te stop, sonder sukses.

"Niemand het verwag dat ek my identiteit sou verander en as 'n swart vrou op 'n wit verhoog sou dans te midde van apartheidswette nie. Ek het rondgegaan en stof opgeskop."

Dirk de Villiers het Snake Dancer gemaak en Kemp die geleentheid gegee om haar storie in 'n vollengte rolprent te vertel. Die rolprent is nie goed deur die Suid-Afrikaanse publiek ontvang nie. Sy het beplan om haar slang en dans agter te laat en 'n onderwysloopbaan te volg. Haar bekendheid het gelei tot baie verwerpings by onderhoude vir onderwysposte. Sy het daarna na Londen gereis om haar dansloopbaan daar voort te sit. Sy het vir Paul Raymond (uitgewer) gewerk in die Raymond Revuebar [3]] en by die Windmill-teater. [4]Sy het ook 'n afloshuismoeder by Epworth Kinderhuis geword.

Later lewe

In die 1980's het Glenda haar dansloopbaan laat vaar, teruggetrek na Suid-Afrika, 'n gesin saam met haar man, Karl Koczwara, begin en haar onderwysopleiding voltooi en 'n onderwyseres geword. Sy het teruggekeer na die Christelike geloof van haar vroeë tienerjare, en 'n lekebediening aan kinders en aan die kwesbare mense van die samelewing begin, insluitend prostitute en dwelmverslaafdes.[5] Sy woon nou in Durban na haar aftrede.

Koczwara en Kemp is in 1982 getroud, en is uiteindelik in 1991 geskei. Op 12 Julie 2019 is Koczwara in sy Johannesburgse huis met 'n hamer doodgeslaan.[1]

Populêre kultuur

  • Snake Dancer, 'n vollengte film van haar vroeë lewe is in 1976 deur Dirk de Villiers gemaak.[6]
  • Bladsy 3, 'n toneelstuk in Afrikaans [7] was in Januarie 2014 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer.
  • Dances with Snakes, 'n halfuur lange TV-dokumentêr van haar lewe is in 1996 gemaak en op die SABC3 TV-kanaal vertoon.[8]
  • Glenda Kemp, 'n enkelsnit deur Spoegwolf, is op 21 Maart 2014 vrygestel.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 "Ex-husband of famous stripper Glenda Kemp beaten to death in Joburg home". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 2020-11-26.
  2. "Former snake dancer Glenda Kemp now boogies in Bethal". Ridge Times (in Engels). 2019-10-26. Besoek op 2020-11-26.
  3. Kemp-Harper 2012, p. 83.
  4. Beukes 2004, p. 162.
  5. Kemp-Harper 2012, pp. 122-123.
  6. Snake Dancer op IMDb
  7. KKNK.
  8. Die Burger 3 Oct 1996.

Bronne

  • Beukes, Lauren (2004). "Snake Charmer". Maverick: Extraordinary Women from South Africa's Past. Oshun. ISBN 978-1-77007-050-9.
  • Dreyer, Nadine (2006). A Century of Sundays: 100 Years of Breaking News in the Sunday Times, 1906-2006. Zebra. ISBN 978-1-77007-106-3.
  • Kemp-Harper, Glenda (2012). Glenda Kemp: Snake Dancer. CreateSpace Independent Publishing Platform. ISBN 978-1-4812-4404-6.
  • Dumas, Marlene; Bedford, Emma (2007). Marlene Dumas: Intimate Relations. Jacana Media and Standard Bank Centre Art Gallery. ISBN 978-1-77009-381-2.
  • Barnard, Rita (2000). "The Smell of Apples, Moby-Dick, and Apartheid Ideology". MFS Modern Fiction Studies. 46 (1): 207–226. doi:10.1353/mfs.2000.0001. ISSN 1080-658X. S2CID 162051676.
  • Bowman, Charmel (11 Oktober 2009). "Serpently not! says ex-stripper". Independent. Besoek op 2014-08-07.
  • Percy Mabandu (23 April 2014). "5 SA bad girls". City Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2014. Besoek op 2014-08-07. In the 1970s, at the height of apartheid’s Calvinist conservatism, Kemp took to the stage with a python named Oupa wrapped around her body. She became the era’s most famous stripper, memorialised in a 1976 film titled Snake Dancer. These days, she is a born-again Christian with a blog called Read and Pray. In her heyday, Kemp danced in hotels to invite-only audiences to trick the law, but was arrested frequently by police, who were often front-row fans at her shows.
  • "Daar's 'n slang in die gras!". Die Burger. 3 Okt. 1996. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2000. Besoek op 2014-08-07. Alt URL
  • "Bladsy Drie". Kalfiefees-Hermanus. Besoek op 2014-08-07. In dié stuk ondersoek Elma Postma en Armand Aucamp deur die oë van die media die impak van die ikoniese ontkleedanseres, Glenda Kemp, se lewe vanaf die 70’s tot die hede. Glenda het die destydse konserwatiewe regime uitgedaag in ‘n tyd toe geen vrou enigiets kon uitdaag nie, met haar wingerdlatlyfie, anderwêreldse danspassies en luislang-dansmaat, Oupa. Met gedramatiseerde beeldmateriaal en nuwe onderhoude, word Suid-Afrika opnuut ontbloot.
  • "Bladsy 3". ABSA KKNK. 22 Jan. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2014. Besoek op 2014-08-07.
  • Genevieve Louw (Desember 2008). "ArtHeat Project: Glenda Kemp". artheat.net. Besoek op 2014-08-07.
  • Jenna-lea Kelland. "Glenda Kemp". Beautiful Noise Ministries. Besoek op 2014-08-07.
Normdata Edit this at Wikidata
  • IMDb: nm2374973
  • LCCN: no2015001064
  • VIAF: 313410141
  • WorldCat Identities: lccn-no2015001064